Local newsSchools

Trichardt-leerders geniet pretdae by skool

Klasse ding mee in akademie, kultuur en sport.

Die opwinding en pret was groot by Laerskool Trichardt se jaarlikse ‘rumble’ dae wat op 19 en 20 Oktober by die skool plaasgevind het.

By dié geleentheid, ding leerders mee in klasverband op akademiese gebied kultuur en sport.

Die doel van dié geleentheid is om geld in te samel vir die skool se koshuis.

Elke klas moes volgens ’n spesifieke tema aantrek en ’n wenner in elke graad is aangewys.

Die wenklasse is Louise Wooldridge se ‘Minions’ (Graad PreRR), Bernadine Boyce se ‘Cookie Monster’ (Graad R), Ria Potgieter se ‘Nemo and Dory’ (Graad Een), Maryke de Bruyn se ‘Super Sailors’ (Graad Twee), Stephné van der Linde se ‘Captains’ (Graad Drie), Chené Dell se ‘Elementals’(Graad Vier), Bernice Viljoen se ‘Raptors’ (Graad Vyf), Marné van Tonder se ‘The ARCHIE Team’ (Graad Ses) en Henk Louw se ‘War Hawks’ (Graad Sewe).

Die Graad Drie klas, ‘Super Mario Brothers’ het die prys vir die bes geklede klas onder die juniors gekry terwyl die Graad Een klas ‘Smarties’ die prys vir die beste gees gewen het.

Die Graad Vier klas, Sonbrilletjies, het die prys vir die bes geklede klas onder die seniors gekry terwyl die Graad Ses klas ‘Eskom-plicated’ die prys vir die beste gees gekry het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button