Local newsLocal sport

Standerton se ligaspelers seëvier oor Kriel

Herine van der Merwe het die afgelope week die C-afdeling van die National Champ of Champs by Pecanwood gewen.

Standerton se gross-ligaspan het die afgelope naweek met 10–6 met Kriel op Kriel afgereken. Herine van der Merwe het die afgelope week die C-afdeling van die National Champ of Champs by Pecanwood gewen.

Gerrit Coetzee het vanaf 18 tot 20 Oktober by die SA Senior Amateurkampioenskap by Sishen Gholfklub meegeding en algeheel 16de geëindig.

Mark Nortjé het die voortou oor nege putjies op 18 Oktober geneem en die dag met 18 punte afgesluit. Donnie Taljaard het ook met 18 in die IPS-kompetisie by die Standerton Buiteklub geëindig, terwyl Nick Momberg 16 op die telkaart ingevul het.

Neville Ritchie het op 15 te staan gekom, gevolg deur Freddie Welmans met 14, Gerrit Nel met 12 en Harry Nel met 8.

Stephen Nortjé het oor 18 putjies met 43 punte geseëvier, gevolg deur Attie Mouton, Nico Lombard en Patrizia Lombard wat elk 36 aangeteken het.

Kobie Coetzee het op 35 te staan gekom, terwyl Hennie Swanepoel en Ronald Kinnear albei met 34 geëindig het.

Damian Brink en Gerhard Brits het beide 32 aangeteken. Stephen Nortjé en Patrizia Lombard het elkeen’n twee behaal.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button