Local newsLocal sportStreeknuus

Plaasjapies van Sundra wys hul stoeivernuf

“Ons kinders se stoei aktiwiteite beloof aan hulle goeie dissipline, maar ons het ook spogregte, want nie net presteer ons kinders in stoei nie, maar spog ons ook met twee hoofleiers by beide die Sundra- en Eloff Laerskole.”

Sundra se Plaajapie stoeiers het hul klub op 7 Oktober by die Suid-Afrikaanse Jeug Kampioenskappe by TUKS in Pretoria verteenwoordig.

Aangesien daar meer as 600 deelnemers vanuit alle provinsies deelgeneem het, was dit vir die Plaasjapies ’n groot voorreg om ook van hul jong stoeiers op die mat te kon hê.

Katelin Kuhn het ’n tweede plek en gepaardgaande silwer medalje in die o13-klas verower. Melinda Small het in die o10-klas meegeding en ook ’n tweede plek en silwer medalje gekry.


Melinda Smal.

Ander Plaasjapie stoeiers wat hul klub verteenwoordig het was, Hendrik Smal wat in die o13-klas gestoei het en Zak Venter was op die mat vir die o15s.

“Ons is trots op elkeen van ons stoeiers. Hulle het baie hard gedurende die jaar gewerk en geoefen,” het die span se sekretaresse, Pam Kuhn laat hoor.

Volgens Kuhn het verskeie spanlede ook gedurende Augustus, onder leiding van afrigter Gielie Uys, hul provinsiale kleure gekry.


Rowané Kuhn.

“Spesiale dank aan Gielie, want hy het werklik uit sy pad uit gegaan vir elke stoeier in ons klub,” het Kuhn bygevoeg.

Sundra se Plaasjapie Stoeiklub is in Minniestraat op Sundra geleë en voornemende en belangstellende stoeiers word aangemoedig om by die klub aan te sluit. Hulle oefentye is Maandae en Woensdae vanaf 18:00 tot 19:30.

Om aan te sluit of meer uit te vind kontak vir Pam Kuhn by 065 240 6015.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button