CrimeLocal newsStreeknuus

AfriForum buurtwagte lê 44 000km af tydens nasionale massapatrollie

“Daar is plek binne ’n buurt- of plaaswag vir elke lid van die publiek en die oomblik wanneer iemand sy rol binne die struktuur kry, dra daardie persoon by tot die weerbaarmaking van ’n gemeenskap.”

AfriForum buurtwagte in Mpumalanga, Gauteng en Limpopo en het op 13 Oktober aan ’n nasionale massapatrollie deelgeneem.

In die noordstreek het 1 023 patrolleerders 44 000 km op hierdie geleentheid afgelê en 81 voorvalle hanteer.

Hierdie nasionale massapatrollie het ten doel gehad om AfriForum buurtwagte op dieselfde tyd in hoë getalle te aktiveer om sodoende sigbaarheid te verhoog.

Van die instansies wat saam met deel AfriForum buurt-en plaaswagte deel hiervan was sluit in privaat buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye, gemeenskapspolisiëringsforums (GPF), insleepdienste, die SAPD, plaaslike ondernemings, paramedici en verkeersafdelings.

Volgens Llewellynn Hemmens, AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid in die noordstreek, is die doel van AfriForum se nasionale massapatrollie nie net om ’n magsvertoning te wees nie, maar om sigbaarheid te verhoog en gemeenskappe teen misdaad te mobiliseer. Die oogmerk is uiteindelik om samewerking tussen veiligheidsrolspelers op plaaslike vlak te verbeter.

Ook op Delmas het die AfriForum Valke Buurtwag, die Eloff Buurtwag asook die Argent Plaaswag saam met lede van die SAPD aan die noordstreek patrollie deelgeneem.

“Sigbaarheid en suksesvolle kommunikasie vorm ’n integrale deel van ons veiligheidstruktuur en daarom is hierdie patrollies van uiterste belang vir ons gemeenskap,” het Carel Botha, voorsitter van AfriForum op Delmas gesê.

Die buurtwagte in Pretoria het by die Voortrekkermonument bymekaar gekom om hul ondersteuning aan slagoffers van plaasaanvalle te wys. Dié monument is ook groen belig om hoop te simboliseer.

Verskeie voorvalle is tydens die patrollie op Delmas hanteer waaronder gewapende roof, 19 inhegtenisnames saam met die SAPD en ondersteuning met motorongelukke. Daar is verder ook drie persone vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem.

“Dit is duidelik uit die voorvalle wat ons saam statutêre rolspelers hanteer het dat samewerking op grondvlak noodsaaklik is. Dit is verder ook mooi om te sien hoe verskillende gemeenskappe saamstaan teen misdaad.

Omdat ons almal hierdeur geraak word kan ons nie anders as om saam te werk nie.

“Daar is plek binne ’n buurt- of plaaswag vir elke lid van die publiek en die oomblik wanneer iemand sy rol binne die struktuur kry, dra daardie persoon by tot die weerbaarmaking van ’n gemeenskap,” het Hemmens afgesluit.

Om deel te word of meer inligting te bekom oor ’n AfriForum buurtwag of plaaswag in die Delmas omgewing, skake Carel Botha by 082 925 5849 geskakel word.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button