Local news

Moet nie dié kerkbasaar op Standerton misloop nie

Benewens die pannekoek, poedings, kerrie en rys, vetkoek, koeke, kleinkoekies, beskuit, sosaties, worsbroodjies, verpakte vleis, wildpasteie en varsgebakte brood, is daar ook ’n teetuin en wynstalletjie.

Die NG Wes-gemeente se lidmate werskaf aan die Kuier-en Proefees van 28 Oktober in Charl Cillerstraat 78 op die kerkterrein.

Stalletjies is beskikbaar waar gunsteling versnaperinge aangebied sal word.

Benewens die pannekoek, poedings, kerrie en rys, vetkoek, koeke, kleinkoekies, beskuit, sosaties, worsbroodjies, verpakte vleis, wildpasteie en varsgebakte brood, is daar ook ’n teetuin en wynstalletjie.

Kinders sal op die springkasteel kan baljaar, terwyl die moeders moontlik die stylvolle aandrokke sal bewonder.
Besoekers kan ’n draai by die snuffelboetiek, wit-olifant-tafel en boeketafel maak.

Skakel 017 712 3034 met enige navrae oor die basaar.

Besprekings vir die wynstalletjie kan by Daleen (071 890 0285), Lourien (083 284 3292) of Louise (082 403 5597) gemaak word.

Kaartjies vir die wyn wat met ’n ‘macaron’ of met kaas aangebied word, beloop onderskeidelik R120 en R100.



LEES OOK: Man gets 25 years for killing partner in Standerton

LEES OOK: Fun walk in Standerton raises awareness for the disabled

Related Articles

Back to top button