60 hengelaars vang 69 vis by Grootdraaidam

Richard Hills was onoorwonne in die meestersafdeling met 12 vis van 7.200kg, gevolg deur Hennie van Jaarsveld met vyf vis van 4.640kg en Adolf Schonken met twee vis van 3.440kg.

Meyerville Hengelklub het onlangs ’n kompetisie by Grootrdraaidam gehou waar 60 hengelaars, insluitend ses besoekers, 69 vis vasgekap het.

Die gewig van die vis was 59.700kg. Die vis van die dag het aan die swaarste modderbek gegaan.

Pikkie Gleeson was eerste in die veterane-afdeling met vier vis van 3.620kg en Johan Kruger tweede met twee vis van 1.300kg.

Richard Hills was onoorwonne in die meestersafdeling met 12 vis van 7.200kg, gevolg deur Hennie van Jaarsveld met vyf vis van 4.640kg en Adolf Schonken met twee vis van 3.440kg.


LEES OOK: Toddler from Kinross loses his battle to kidney and bone mineral disease


Hills het die vis van die dag ingeweeg.

Peter Munro het eerste in die seniorafdeling geëindig met vier vis van 3.900kg, gevolg deur Riaan Pieterse met vyf vis van 2.460kg en René Fourie met vier vis van 2.180kg.

Danny Bosman het die vis van die dag inkatrol.

Charmaine van Blerk het in die vroue se meestersafdeling geseëvier met drie vis van 1.680kg, gevolg deur Ilene Schonken met twee vis van 0.740kg en Marianne Erasmus met een vis van 0.500kg.


LEES OOK: Councillors from Govan Mbeki Municipality demand probe into incomplete road projects


Van Blerk het die vis van die dag gevang. Charlize Victor het die vroue-afdeling gewen met twee vis van 1.800kg.

Keanu Lottering het die juniorafdeling verower met twee vis van 1.420kg, gevolg deur Wianco Lottering met twee vis van 1.160kg en Stiaan van Zyl met een vis van 0.520kg.

Keanu het die vis van die dag aan wal gebring.

Alexis Moolman was eerste in die penkopafdeling met een vis van 11.500kg, Taylor Draper tweede met een vis van 0.500kg en Elizna Rabie derde met een vis van 0.380kg.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version