Gholfspelers op Standerton gooi nie maklik die handdoek in nie

Ritchie was die vorige dag onoorwonne oor nege putjies by ’n IPS-kompetisie met sy puntetelling van 20.

Neville Ritchie het op 12 Oktober ’n Kanadees, Bertus Schalekamp, touwys by die Standerton Buiteklub gemaak oor sommige van die fynere kunsies van gholf.

Schalekamp is op besoek aan familie op Standerton. Ritchie was die vorige dag onoorwonne oor nege putjies by ’n IPS-kompetisie met sy puntetelling van 20.

Donnie Taljaard het tweede geëindig, ook met 20, gevolg deur Nick Momberg en Ricus van den Hoven wat albei 15 aangeteken het.

Freddie Welmans het 13 op die telkaart ingevul en JD van Dyk 4. Hennie Swanepoel het eerste oor 18 putjies geëindig met 42 punte, gevolg deur Stephen Nortjé met 39 en Herman Mynhardt met 38.


Neville Ritchie in aksie op 12 Oktober.

Gert du Preez het op 37 te staan gekom, terwyl Joré Nortjé 35 aangeteken het.

Gerrit Coetzee, Nico Lombard en Johan Griesel het elk met 34 geëindig, gevolg deur Louis Gravett se 33 en Willie Griesel se 32.

Patrizia Lombard het 31 aangeteken, gevolg deur Damian Brink en Francois Cronjé wat albei 30 op die telkaart ingevul het. Ronald Kinnear het met 28 geëindig. Brink het ’n spog-twee behaal.

Altesaam twee spelers het op 29 September die Sundowner IPS aangedurf met André Burger wat met 19 punte geseëvier het. Jacques Scholtz het op 17 te staan gekom oor nege putjies.


LEES OOK: Youngster from eMba excels in athletics

LEES OOK: Enthusiasm for the Standerton parkrun does not wane




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version