Local news

Chantelle Swart van Standerton staan voor groot uitdagings

Chantelle het ’n skouerbesering opgedoen, albei femurs en ’n rib is gebreek, terwyl Zuané ’n tand verloor, knieë seergemaak, het ’n hou teen die kop weg het en was vol krapmerke was en die jongste, Zimoné haar rug gebreek en ernstige breinbeserings opgedoen het.

Chantelle Swart het op 2 Oktober haar ontvangspos by die Standerton Advertiser weer ingeneem na ’n afwesigheid van 15 maande.

’n Ongeluk op die Platrandpad op 8 Julie verlede jaar het verreikende gevolge ingehou vir dié moeder van vier kinders.

’n Trompopbotsing het die lewe van haar vriend, Brian van der Schyff, geëis en die bestuurder van die ander voertuig is op slag dood, terwyl sy passasier in die Sunshine Hospitaal aan sy wonde beswyk het.

“Dit was geweldig traumaties vir ons almal,” het Chantelle gesê.

Sy het links by die deur, agter in die motor gesit, met Zimoné, Zuané en Brian se dogter, Bianca ook agter.

Brian het bestuur en Evert Ceronio het langs hom gesit.

Evert het ’n rugbesering opgedoen en Bianca ’n been- en armbesering.

Chantelle se oudste seun, Bradley en oudste dogter, Zanieka het nie saamgery nie.

“Ek het eers buite die kar my bewussyn herwin,” het Chantelle gesê.

Al die beseerdes is aanvanklik Standerton Hospitaal toe vervoer en die twee helikopters wat ontplooi is, kon weens die digte mis nie opstyg nie.

’n Ambulans het hulle na die Sunshine Hospitaal in Benoni geneem waar die erns en omvang van hulle beserings medici se aandag vereis het.

Chantelle het ’n skouerbesering opgedoen, albei femurs en ’n rib is gebreek, Zuané het ’n tand verloor, knieë seergemaak, het ’n hou teen die kop weg en was vol krapmerke, terwyl die jongste, Zimoné haar rug gebreek en ernstige breinbeserings opgedoen het.

Chantelle is op 24 Julie verlede jaar uit die hospitaal ontslaan.

Daar wag nog ’n operasie op Chantelle omdat die skroewe in die linkerbeen gebreek het.

Sy verkeer in pyn wat met die onverwagte koue in die oggend onhanteerbaar word.

’n Verdere nadraai is dat tinnitus in haar regteroor gediagnoseer is, waarvoor ’n gehoorstuk benodig word.

Die koste beloop R36 205 en sy is 124ste op die waglys by die Standerton Hospitaal.

Slegs ’n sekere aantal gehoorstukke word jaarliks aan die hospitaal toegeken.

Chantelle en Zimoné se medikasie beloop R2 500 maandeliks en dit is tragies dat Zimoné, ’n belowende akademiese presteerder op skool, nou ’n oppasser benodig het en geen formele skoolopleiding kan baasraak nie.

Die administratiewe sy van die ongeluk het korrespondensie tussen die koerant se hoofkantoor, padongelukfonds, ’n prokureur in Randfontein en Momentum Versekering tot gevolg gehad.

Chantelle se huis is steeds vol nadat sy Jerome Basson ingeneem het, terwyl haar oudste dogter, Zanieka, by haar suster op Rustenburg bly.

Zanieka is na angsaanvalle sodanig getraumatiseer dat besluit is om haar te laat skoolgaan saam met ’n niggie van dieselfde ouderdom.

Chantelle beplan om Zuané volgende jaar Vrede Skool toe te stuur en te laat inwoon in die koshuis.

Bradley het pas 18 jaar geword en gaan nou werk soek.

Die koerant het destyds Chantelle oor Brian geterg, wat buite die kantoor met koffie vir haar gestop het.

Brian, ’n entoesiastiese hengelaar, het die dogters destyds saam Grootdraaidam toe geneem en die rol van mentor gespeel.

“Ek kan nie opgee nie want ek moet sterk wees vir my kinders,” het Chantelle gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button