Local newsSchoolsStreeknuus

Dellie-leerders spog tydens swierige matriekafskeid

Tydens dié geleentheid was leerders die kans gegun om in spoggerige voertuie hul aankoms op die rugbyveld te maak en met prag uitrustings hul draai op die rooitapyt te maak.

Hoërskool Delmas se matriekafskeid is sonder twyfel die sosiale hoogtepunt van die jaar en een wat ouers, onderwysers en die matriekleerders baie na uitsien.

Die matriekleerders van 2023 het dan ook weer op 28 September vanjaar nie teleurgestel nie.

Ouers, grootouers, boeties en sussies kon ook weer eens deel wees van Dellies se tradisionele modeparade.

Tydens dié geleentheid was leerders die kans gegun om in spoggerige voertuie hul aankoms op die rugbyveld te maak en met prag uitrustings hul draai op die rooitapyt te maak.

Na afloop van die modeparade-tradisie het leerders na die Delmas Country Lodge vertrek waar die matrieks in prag en praal en met ’n heerlike onthaal en dans gekuier het.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button