CrimeLocal newsStreeknuus

Kapers loop hul rieme styf op Delmas

Lede van die Benoni- en Middelburg Blitspatrolllie-eenhede was om ongeveer 08:21 in die area van die R42 Bronkhorstspruit / Delmas afrit waar hulle vir die gekaapte voertuig ingewag het.

Drie verdagte kapers is op 27 September op die N12-hoofweg, digby die R42 Delmas / Bronkhorstspruit-afrit in hegtenis geneem.

Dit volg nadat ’n inwoner van eMalahleni sy kinders omstreeks 08:00 op dieselfde dag by hul skool in Klipfontein, afgelaai het.

Met sy terugkeer by die huis het drie mans hom ingewag. Die verdagtes het sy dubbelkajuit Ford Ranger geëis en ook sy selfoon afgeneem.

Die slagoffer kon daarin slaag om Cartrack te kontak en het glo ook foto’s van sy gekaapte bakkie aan vriende op sosiale media versprei.

Lede van die Benoni- en Middelburg Blitspatrolllie-eenhede was omstreeks 08:21 in die gebied van die R42 Bronkhorstspruit / Delmas-afrit waar hulle die gekaapte voertuig ingewag het.


Die 16-kanaal steursender wat in die besit van die vermeende kapers gevind is.

Die blitspatrollie lede het die voertuig gewaar en kon daarin slaag om dit van die pad af te trek.

Die voertuig is deursoek en die lede het op die slagoffer se selfoon, ’n 16-kanaal steursender (signal jammer) en twee onwettige vuurwapens met lewendige ammunisie afgekom.

Volgens die polisie is die een 9mm Taurus pistool in Julie 2022 in Kwadukuza gesteel en die ander wapen vanjaar in Meyerton.

Die drie verdagtes, Zainald Mondlane (28), Lucky Mkhajwa (39) en Thabiso Pharasi (30) sou op 22 September in die Delmas se Landdroshof verskyn.


LEES OOK: Vandals prey on substations in Cullinan and Rayton areas

LEES OOK: Kaper kom sy Moses teë na Wilde Weste jaagtog in Delmas-omgewing




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button