Local news

Bethal AfriForum-tak maak dorp skoon

Raak betrokke by AfriForum en help om dorp skoon en netjies te hou.

AfriForum se plaaslike tak het, as deel van hul #Ons Dorp-veldtog, 150 sakke vullis op Bethal opgeruim.

Die doel van dié veldtog is om plaaslike gemeenskappe te teiken met uiteenlopende selfdoen aksies.

Die lede en vrywilligers van die Bethal AfriForum-tak, het dié keer op Davelweg en Kerkstraat gekonsentreer.

Boere van die Kloppen omgewing het ook inisiatief geneem en ingespring en die Davel grondpad skoongemaak.

Dit was hulle idee wat AfriForum se bestuur laat besluit het om dié projek aan te pak.

Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het gesê, hulle beplan intussen nóg ’n skoonmaakprojek vir Bethal.

“Dié keer sal ons op die veld langs die munisipale werkswinkels fokus asook die gebied langs die Total Janmari vulstasie en die oop veld oorkant die Nestlé huise,” het Bekker gesê.

’n Boer van die omgewing, Kobus du Plessis, wat nouliks by die skoonmaakprojek betrokke is, het die gemeenskap gemaan om nie rommel te strooi nie.

“As ons almal net kan begin om die rommel op te tel, sal Bethal een van die dae ’n nuwe baadjie kan aantrek,” het Bekker gesê.

“Met dié projekte, pak AfriForum se Bethal-tak egter die bul by die horings en wys dat gemeenskappe wat saamstaan, ’n daadwerklike verskil kán maak.

“Rommelstrooing op Bethal bied talle uitdagings omdat dit nie net nadelig vir ondernemings is nie, maar ook ernstige gesondheidsrisiko’s kan inhou.”



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button