CrimeLocal newsStreeknuus

Kaper kom sy Moses teë na Wilde Weste jaagtog in Delmas-omgewing

Die voertuig was op die R50 pad, in die rigting van Leslie opgemerk en kort daarna het die jaagtog begin, wat sterk herinner aan ’n toneel uit ’n Wilde Weste fliek.

’n Mosambieker (46) is op ’n plaas in die Delma- omgewing in hegtenis geneem. Dit volg nadat hy na bewering ’n enkelkajuit Mahindra bakkie op die oggend van 22 September gekaap het.

Volgens inligting het die eienaar van die splinternuwe bakkie vroegoggend op dieselfde dag omstreeks 09:30 by ’n motorhandelaar in Westonaria in Gauteng uitgery, waarna hy gekaap is.

Die satellietopsporingseenheid was glo nog nie geaktiveer nie. Dit is verder ook nie seker hoe die motorhawe in kennis gestel is nie, maar die opsporingseenheid was toe wel later die oggend geaktiveer.

Inligting het dit verder dat die verdagte na bewering vir etlike ure met die eienaar van die Mahindra rondgery het.


Die gekaapte Mahindra is in sy spore gestuit deur die Landcruiser van ’n Sundra Buuurtwaglid.

Dit is egter nie presies seker hoe die verdagte in die Delmas omgewing beland het nie. Die woord het vinnig via veiligheidsgroepe versprei en alarm gemaak van ’n moontlik gekaapte Mahindra.

Die voertuig is op die R50 pad, in die rigting Leandra opgemerk en kort daarna het die jaagtog begin, wat sterk herinner aan ’n toneel uit ’n Wilde Weste fliek.

Niemand is die voorval beseer of gewond nie.

Derek Bester, die voorsitter van die Sundra Bulldogs het die voortou met sy Toyota Landcruiser geneem met lede van AfriForum Delmas Valke Buurtwag, plaaswagte, die polisie sowel as ’n lid van Titen Sekuriteit agterna.


Die skade aan die gekaapte Mahindra nadat tot stilstand gedwing is.

Die verdagte het na bewering die teerpad verlaat en deur plase en geploegde mielielande probeer vlug.

Volgens inligting het die verdagte op lede wat hom agternagesit het, geskiet waarna ’n oor-en-weer skietery gevolg het, maar die verdagte het egter nie met Bester se Landcruiser tred gehou nie.

Bester kon daarin slaag om die Mahindra op ’n plaas buite Delmas met die voortvlugtende kaper in sy spore te stuit.

Ander lede en die polisie het kort daarna op die toneel opgedaag en die Mosambieker is in hegtenis geneem. Die Mahindra, wat toe nie meer so nuut voorgekom het nie, se paneelbord was gestroop wat daarop wys dat daar na die satellietopsporingseenheid gesoek was.


Tekens dat daar na die satellietopsporingstelsel in die splinternuwe Mahindra gesoek was.

Die Mahindra het voorts ook reeds vervalste Mpumalanga nommerplate sowel as ’n bypassende lisensieskyfie gehad.

Die vuurwapen wat deur die verdagte gebruik is, kon teen druktyd nog nie opgespoor word nie, maar die vermoede bestaan dat hy dit tydens die jaagtog by die venster van die Mahindra uitgegooi het.

“Die skote het hier rondom ons koppe geklap. Dit was nogal angswekkend en die volgende oomblik was dit net bakkies vanuit alle rigtings,” het ’n werknemer van die plaas waarop die voorval plaasgevind het, gesê.

Kaptein Carla Hartley, mediawoordvoerder van die Delmas Polisie het die samewerking en deursettingsvermoë van die verskillende eenhede hoog op prys gestel.


LEES OOK: Dangerous electric cables lays bare next to the pre-school


Die provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, Luitenant Generaal Semalakeng Daphney Manamela het die inhegtenisname verwelkom.

Teen druktyd sou die verdagte op 26 September in die Delmas Landdroshof op klagtes van die besit van ’n vermoedelik gekaapte voertuig verskyn het.

Die polisie het verder gesê meer klagtes kan met verloop van die ondersoek teen die verdagte bygevoeg word.

Die polisie, in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake, stel ook ondersoek in na die verdagte se wettigheid in Suid-Afrika en die moontlikheid van ‘n oortreding van die immigrasiewet is nie uitgesluit nie.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button