Local newsLocal sportStreeknuus

Delmas Rolbalklub wen opedag-byeenkoms

Barry Botes en sy span van Delmas het die klub se naam hoog gehou deur as die dag se wenners aangekondig te word.

Spelers van verskeie rolbalklubs het op Delmas se baan bymekaar gekom vir die Delmas Rolbalkub se opedag kompetisie.

Die spanne wat op 16 September deelgeneem het was die klubs van Delville in Germiston, die Nigel Bowling Club, Heidelberg Rolbalklub en Club and Hammer van Springs.

Die doel van die opedag was om geld in te samel vir Delmas se rolbalklub en alhoewel die kompetisie sterk was, was daar deurgaans ’n gemoedelike gees op die baan.

Spanne het ook saam gekuier met teetyd en middagete. Na afloop van die wedstryd was daar gelukkige trekkings en verskeie spelers het met geskenke huiswaarts gekeer.

Elke deelnemende spanlid het ook ’n sertifikaat en klein geskenk ontvang. Barry Botes en sy span van Delmas het die klub se naam hoog gehou deur as die dag se wenners aangekondig te word.

Alana Warrender se span van Delville het in die tweede plek geëindig en die span van Manie Prinsloo van Heidelberg het die derde plek verower.

Delmas se klub voorsitter, Hennie Terblanche het na afloop van die wedstryd sy span wat hard gewerk het om van die dag ‘n sukses te maak, bedank.

Hanri Ehlers, addisionele komiteelid, het ook spesiale dank ontvang vir haar moeite met die reëlings rondom die dag.

Die komitee het verder hul dank uitgespreek teenoor die borge. Deelnemende spanne het op hul beurt vir die Delmas Rolbalklub bedank vir ’n suksesvolle en goed georganiseerde opedag.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button