Local newsSchoolsStreeknuus
Rayties se krieketspanne presteer in die C Bond-liga
Laerskool Rayton het al drie hulle wedstryde teen Bergsig gewen.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/94/2023/09/WhatsAppImage2023_73381.jpg)
Laerskool Rayton het 5 tot 7 September teen Laerskool Bergsig krieket gespeel in die C Bond-liga.
Al die wedstryde was by Laerskool Bergsig gespeel. Die o9-span het vir Bergsig met 10 paaltjies geklop.
Die o11-span het ook vir Laerskool Bergsig geklop – met vyf paaltjies.
Laerskool Rayton se eerste span het ook hulle wedstryd met vyf paaltjies gewen.