Local news

Dr Lyons van Standerton ruim onsekerhede uit die weg

In Suid- Afrika moet ’n sielkundige ’n meestersgraad hê en ’n internskap voltooi om te kan praktiseer in een van die ses spesialiskategorieë (klinies, voorligting, bedryf, opvoedkunde, neuro en navorsing) wat deur die Health Professions Council of South African (HPCSA) erken word.

Na die plasing van die artikel in die uitgawe van 21 Julie oor Dr Mollie Lyons se uittrede uit die Kosmos Aftree-oord se direksie en haar voornemende nagraadse studies in sielkunde aan ’n universiteit in Engeland, het navrae uit die gemeenskap ontstaan oor haar professionele status as sielkundige en ook oor waar sy haarself gaan vestig.

Tydens ’n onderhoud op 23 Augustus met die Standerton Advertiser het Lyons eerstens die verskillende spesialisasierigtings in sielkunde verduidelik.

’n Sielkundige moet in Suid-Afrika ’n meestersgraad hê en ’n internskap voltooi om te kan praktiseer in een van die ses spesialiskategorieë (klinies, voorligting, bedryf, opvoedkunde, neuro en navorsing) wat deur die Health Professions Council of South African (HPCSA) erken word.

Sy het verder aangedui dat sy geregistreerd is as sielkundige in die spesialisarea van bedryfsielkunde.

Haar voornemende studies (MSc Psychology) aan Liverpool Universiteit in Engeland sal haar blootstel aan ander spesialisareas in sielkunde en boonop geniet John Moore Liverpool Universiteit internasionale erkenning wat aanlynkonsultasies oor grense heen moontlik maak.


LEES OOK: Janelle Huis in Evander cares for children and youth in distress


Lyons het verder bevestig dat sy sal aanbly op Standerton, aangesien die meeste van haar studies aanlyn voltooi sal word.

Sy verskuif haar praktyk in die middedorp nou na die spreekkamers van Drr Ulrich van Heerden en Vennote in Kerkstraat 30, Standerton.

Sy het voorheen in die korporatiewe omgewing gewerk en die verskuiwing na individue en gesinne lê na haar na aan die hart.

“Ek hunker na individue en klein groepies,” het Lyons gesê.

Wat betref haar vorige verpligtinge by die ouetehuis, het sy afgesluit met, “Ek is nog steeds ’n vrywilliger en vriend van die oord.”



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button