Local news

Brakpan-tiener volg in Secunda-ma se voetspore met eerste boek

Chané Ludik (15) het pas haar eerste rympieboek vir kinders, The Adventures of Amy & Bo, vrygestel.

Chané Ludik (15), ’n leerder aan Hoërskool De Anker op Brakpan, volg in haar ma, ‘n Secunda-inwoner, Adele Gill se voetspore.

Chané het reeds haar eerste kinderboek, The Adventures of Amy & Bo geskryf.

Dié rympieboek wat onlangs vrygestel is, vertel die storie van ’n dogtertjie en haar hond wat droom van hul avonture om om die wêreld te reis.

Chané se verhouding met haar honde en haar liefde vir diere het haar gemotiveer om dié boek te skryf.

“Ek was baie opgewonde om my boek vir die eerste keer in my hande te kon vashou,” het sy vertel.

“Ek kon nie glo dat my droom ’n werklikheid geword het nie.”

Victoria Smith van Middelburg het die illustrasies vir Chané se boek gedoen.

Sy oorweeg dit om aan ’n reeks van Amy & Bo te werk.

In haar vryetyd geniet sy dit om te lees en tyd met haar honde en familie deur te bring.

Sy kom kuier gereeld op Secunda en wil eendag as sy groot is ’n veearts word.

Gill (36) het in 2021 haar eerste kinderboek, Lalie Lepel, vrygestel waarna twee e-boeke gevolg het naamlik Desember in die Kalahari en Die Uitweg.

Sy het in die begin van vanjaar haar eerste vollengte boek, Buigbare Bome, wat deur ware gebeure geïnspireer is, vrygestel.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button