Local news

VLU se aandtak vergader op Secunda

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 7 September by te woon.

Die VLU se nuwe aandtak, Skemerkelkie, het op 10 Augustus vergader.

Sophie Hugo het vir die lede gewys hoe om kolle-kuns (dot art) te doen.

Die lede moet binnekort vir een van hulle kompetisies kolle-kuns op koffiestaanders maak.

Hugo het ook vir hulle gewys hoe om kuns vanuit papier te maak (quilling).

Die Skemerkelkie VLU-tak vergader weer op 7 September om 18:00 in die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop saal en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Hugo by 083 701 9709.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button