Local newsSchools

Hoërskool Standerton bied matriekafskeid aan

Die hoofseun, Jaden Breytenbach het met sy goeie vriendin, Jomari Louwrens, 'n jong vrou met downsindroom, op die rooi tapyt na sy matriekafskeid gestap. Hy het getoring oor Jomari wat in 'n pragtige turkoois rok geskitter het.

Hoërskool Standerton se gr.12s het die drumpel van die grootmenswêreld op 26 Augustus betree.

Ouers en familie het die matrieks dopgehou terwyl hul oor die rooi tapyt gestap het. Elegansie was die wagwoord onder die dogters, dalk eerder jong vroue en hul metgeselle het nie ’n tree teruggestaan om dit spesiaal te maak nie.

Jaden Breytenbach, hoofseun, se das het die kleur van die uitrusting van sy vriendin, Jomari Louwrens, komplimenteer.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button