Local newsLocal sportStreeknuus

Cullinan-spelers vir Platteland groep gekies

Die finale span sal Saterdag gekies word.

Die Blou Bulle se Platteland rugby oefengroep van 2023 is op 19 Augustus aangekondig.

Die oefengroep van 60 spelers gaan gebruik word in ‘n wedstryd teen Witbank op 26 Augustus.

Na daardie wedstryd gaan die finale 26 spelers gekies word.

Die span gaan afgerig word met behulp van Cullinan Rugbyklub se afrigter, André van der Merwe.


André Last, ’n voorryspeler wat gekies is vir die Blou Bulle Platteland groep.

Die Blou Bulle se Platteland rugby groep bestaan uit die beste spelers van verskeie klubs.

Hulle het ’n span gekies om teen die platteland groepe van verskeie provinsies te speel.

Die spelers wat gekies was uit Cullinan is as volg: Ulrich Venter (skrumskakel), André Last (voorry) en Cory van Rooyen (los voorspeler).




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button