Local newsSchoolsStreeknuus

Laerskool Witpoort is derde in fietswedrenne

Laerskool Witpoort se fietsryers het deelgeneem by Prime View Adventure and Leisure.

Laerskool Witpoort se fietsryers het op 29 Julie deelgeneem by Prime View Adventure and Leisure.

Die wind het erg gewaai en daar was talle opdraendes, maar dit het geen Wittie teruggehou om uitstekende plekke te behaal nie.

Die drie leerders het podium plekke gekry in die 20km-wedren by die King Price Trailseeker.

Joshua du Plessis het derde geëindig in die nippers afdeling vir seuns van nege en 10 jaar, Christelle van den Heever was vierde in die sub junior-afdeling (12 tot 13 jaar ) en Martin Gutchmidt het ’n vierde plek behaal in die seuns se sub-junior afdeling.

Witpoort het algeheel derde geëindig tussen die 46 laerskole wat deelgeneem het.

Die skool het ook die toekenning ontvang vir die skool met die beste gees en danspassies.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button