Local newsLocal sportStreeknuus

Cullinan Rugbyklub vier 115 jaar

Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugby-unie, het die klub se sukses en bestaan toegeskryf aan die ondersteuning van die dorp en gemeenskap.

Cullinan Rugbyklub het op 5 Augustus hulle 115de verjaardag gevier.

Die Blou Bulle Rugby-Unie (BBRU) het dié geleentheid gebruik om die liga se kwarteindronde op Cullinan te speel.

Die agt eerste spanne wat aan dié kwarteindstryde deelgeneem het, is die Korrectiewe Dienste, TUT, Atteridgeville, Silver Valke, Knights, Cullinan en Noordelikes.

Die Korrektiewe Dienste moes die eerste wedstryd teen Stanza gespeel het, maar Stanza het nie opgedaag nie en die Korrektiewe Dienste het outomaties 40–0 gewen.


Die Silwer Valke pak die Knights in die kwarteindstryd van die provinsiale liga.

TUT het in die tweede wedstryd met Attridgeville afgereken. Die eindtelling was 56–12 in TUT se guns. Die derde wedstryd was tussen die Silwer Valke en Knights. Die Silwer Valke het 28–13 gewen.

In die laaste wedstryd van die dag het Cullinan die Noordelikes met 39–12 geklop. Die halfeindstryd vind op 12 Augustus plaas.

Willem Strauss, BBRU-president het gesê die feit dat Cullinan Rugbyklub vir soveel jaar oorleef het, getuig van almal wat hul tyd, krag, ondervinding, liefde en passie in die klub ingestoot het.

“Dit is ’n ongelooflike prestasie deur die dienners van die spel wat die ongekende helde van klubrugby is, want hulle het steeds deurgedruk in tye waar borge skaars is.


LEES OOK: Gholfspelers roer mekaar behoorlik by Standerton Buiteklub


“Die oorlewing en behoud van klubs soos Cullinan Rugbyklub is bykans heeltemal te danke aan die plaaslike gemeenskap. Hierdie administrasie, afrigters en spelers is die ruggraad van klubrugby,” het Strauss gesê.

Cullinan Rugbyklub se president, André Oberholzer, is afgelope 30 jaar deel van die klub kan maklik oor hul lief en leed gesels.

“Ons het al naby daaraan gekom om op te gee, maar danksy die kanniedoods tussen ons het ons daarin geslaag om die situasie te red.

“Ons is vandag waar ons is weens die betrokkenheid en opofferings van die gemeenskap en die ondersteuning van die BBRU,” het Oberholzer gesê.


Kinders geniet Cullinan Rugbyklub se 115de verjaarsdag.


Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button