CrimeLocal newsStreeknuus

AfriForum hou massapatrollie teen misdaad

Dié aand is ’n onwettige immigrant in hegtenis geneem, onwettige drank en sigarette is op beslag gelê, hulp is by ’n motorongeluk op die R104 verleen en ’n man en vrou wat onder die invloed was, is terug na hul huis geneem

AfriForum het op 4 Augustus ’n operasie teen misdaad en geweld op Bronkhostspruit uitgevoer.

Dit het deel van AfriForum se nasionale patrollie gevorm.

’n Totaal van 42 mense vanaf Bronkhorstspruit SAPD, Tshwane metro-polisie, AfriForum buurtwag, die Skoolpad-plaaswag, Vaalbank/ Valtaki buurtwag, Riamarpark GPF, Bester GPF, Erasmus GPF, ARA Insleepdienste en NCA Nilwandle Security het aan die patrollie deelgeneem.

Die algehele aantal kilometers wat die aand afgelê was om te verseker dat die Bronkhorstspruit-gebied veilig was, is 2676km

Die operasie het van 19:00 tot 04:00 die volgende dag geduur het. Die deelnemers het ondermeer op onwettige plakkers toegeslaan, maar die sluipslapers het weggehardloop.

Volgens Magda Lewis, voorsitter van AfriForum op Bronkhorstspruit, is ’n onwettige immigrant in hegtenis geneem, onwettige drank en sigarette is op beslag gelê, hulp is by ’n motorongeluk op die R104 verleen en ’n man en vrou wat onder die invloed was, is terug na hul huis geneem.


LEES OOK: Water is wasted in Coligny Street in Standerton

LEES OOK: Top cop lectures Bronkhorstspruit SAPS




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button