Gholfspelers roer mekaar behoorlik by Standerton Buiteklub

Hennie Swanepoel het 17 spelers ore aangesit oor 18 putjies en met ’n netto van 67 huiswaarts gekeer.

RJ Kinnear was op 5 Augustus onoorwonne in die A-afdeling van die maandelikse beker, Louis Gravett in die B-afdeling en Francois Cronjé in die C-afdeling.

Die volledige uitslae sal so gou moontlik gepubliseer word.

Nick Momberg en Gerrit Nel het op 2 Augustus oor nege putjies meegeding en onderskeidelik met ’n netto van 40 en 43 geëindig.

Dié kompetisie het in medal-formaat plaasgevind. Hennie Swanepoel het 17 spelers ore aangesit oor 18 putjies en met ’n netto van 67 huiswaarts gekeer.

Herman Mynhardt, wat ’n spog-twee behaal het, het 68 op die telkaart ingevul, gevolg deur Gerrit Coetzee wat op 70 te staan gekom het.


LEES OOK: More than 50 participants exercise at Standerton River Park


Stephen Nortjé het 73 aangeteken, met Tertius Brits op 74.

Willie Griesel en Louis Bibbey het albei 75 aangeteken, terwyl Gert du Preez en Wessel van der Merwe albei met 77 geëindig het.

Kobie Coetzee het in die 10de plek ingeskuif met 78.

Henk Botha en Gerhard Brits het op 29 Julie in die Windhoek Pairs met 44 punte geseëvier, terwyl sowel Jacques Ferreira en Andrew Harper, as Patrizia Lombard en Aldo Arnaldi, 42 aangeteken het.


LEES OOK: Lanie Nel van Standerton Rolbalklub verower brons medalje by meesterstoernooi


Joré Nortje en Stephen Nortjé het op 41 op die telkaart ingevul, gevolg deur Xander Roux en Casper Roux wat 40 ingevul het.

Sowel Leon Myburg en Vivian Seager, as Attie Mouton en Wikus Fourie, het 39 aangeteken, terwyl Kobie Coetzee en Tertius Brits, sowel as Werner Mouton en Gerhard van Rheede van Oudtshoorn, met 38 geëindig het.

Arnaldi, Casper Roux, Tertius Brits en Johan Brink het elk ’n spog-twee behaal. RJ Kinnear was onoorwonne op 28 Julie in die Sundowner-kompetisie nadat hy 21 punte aangeteken het.

Ronald Kinnear was tweede in dié IPS-wedywering met 17, terwyl Nico Lombard op 16 te staan gekom het en Lourens van der Sandt op 12.

Nico Lombard en Fanie Botha het die daaropvolgende dag in ’n Betterball Stableford-kompetisie met 46 geëindig.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version