Local newsLocal sportStreeknuus

Centurion wen die jaarlikse rolbaltoernooi op Bronkhorstspruit

Die deelnemende klubs was Bronkhorstspruit, Centurion, Villieria en Lynnwood.

Die jaarlikse vierhoekige rolbalreeks het op 22 Julie op Bronkhorstspruit plaasgevind.

Dié toernooi is tussen die rolbalklubs van Bronkhorstspruit, Centurion, Lynnwood en Villieria en het 96 spelers gelok.

Centurion Rolbalklub het as die algehele wenners uitgestap. Bronkhorstspruit het derde geëindig.

Die Bronkhorstspruit/Lynnwood-trofee is deur Lynnwood ingepalm en Centurion het die Centurion/Villieria-trofee opgeraap.

Bronkhorstspruit het ook spelers in hul besigheidsliga betrek.

Die klub se komitee het dié spelers en ook die borge van die dag bedank.


LEES OOK: Cullinan speel dié naweek tuis teen Buffalo’s

LEES OOK: Ringbalspelers van Bronkhorstspruit vir SA-spanne gekies




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button