Local news

Standbeeld by konsentrasiekampbegraafplaas op Standerton in ere herstel

Rousseau is al 20 jaar besig met die 126 konsentrasiekampe in Suid-Afrika, waarvan 55 in sewe jaar reeds besoek is.

Rudie Rousseau en Kasselman Veiligheidsdienste het op 17 Julie ’n standbeeld van ouma Magrietha Swart weer by die Standerton Konsentrasiekamp Begraafplaas opgerig.

Dié standbeeld het verlede jaar onder vandale deurgeloop en sal nou agter ’n struktuur beveilig word. Kwotasies word tans hiervoor ingewin.

Die beeldhouer, Jaco van Niekerk, het dié vollengte beeld van ‘n boervrou en een van haar kinders gedoen.

Rousseau, ’n vryskut kameraman van Roodepoort, is al 20 jaar besig met besoeke aan die 126 konsentrasiekampe in Suid-Afrika, waarvan hy reeds 55 in sewe jaar besoek het.


Die Anglo-Boereoorlog se standbeeld in die begraafplaas.

Die Standerton Advertiser het in Junie 2019 met Rousseau ’n onderhoud gevoer oor sy belangstelling in die Anglo-Boereoorlog wat van 1899 tot 1902 geduur het.

Hy het al hulp voorheen verleen met die skoonmaak van die begraafplaas en ook gehelp om ouma Magrietha se gedenksteen te skuif vanaf die Standerton Rivierpark na die begraafplaas.

Die omstandighede waaraan die vroue en kinders onderwerp was, lê hom na aan die hart, vandaar sy produksies oor die oorlog.

Hy het kampe met ’n termometer in die winter besoek om deur die kamera te wys hoe koud dit was.


Die vooraansig van die begraafplaas in Bergstraat.

Hy het ’n Facebookblad genaamd Vergete Britse Moordkampe in Suid-Afrika begin waar belangstellendes meer inligting kan kry.

Ouma Magrietha het agt kinders in minder as twee weke aan die dood afgestaan.

Volgens geskiedskrywers, is Standerton se konsentrasiekamp in Desember 1900 op albei oewers van die Vaalrivier opgerig en groot getalle vroue en kinders is hierheen gedwing.

Volgens inligting, is meeste geen geleentheid gegun om iets saam te bring nie en was die vroue en kinders sonder besittings, klere en beddegoed.


LEES OOK: Lekwa’s Lubabalo Majenge believes in communication


Rekordhouding was problematies want geen naamlyste is gehou nie. By gebrek aan tente is sooihutte vir sommiges opgerig.

Na raming was daar in Februarie 1901 sowat 1 342 inwoners in die kamp, in September 1901 sowat 3 329, in November 1901 sowat 3 033 en in Januarie 1902 sowat 3 454.

Die begraafplaas is herstel en skoongemaak as blyk van respek vir die lyding en ellende wat hier ervaar is.
Meer as 100 olienhoutboompies is aangeplant.

Ouma Swart se gedenksteen is verskuif vanaf die rivier na die begraafplaas waar haar kinders begrawe is.


Rudie Rousseau maak werk daarvan om konsentrasiekampe in Suid-Afrika te besoek.

Die oorsaak van hulle dood word slegs as ‘siekte’ aangedui, hoewel ingewandskoors detyds ’n epidemie in die kamp was.

Ouma Swart het daarna geboorte aan twee kinders geskenk.

Die beeld is 15 Junie 2019 vroeg die oggend in die kapel geplaas en is onthul deur Johan Swart, een van haar kleinkinders.

Rousseau het die afgelope week ’n beroep op die gemeenskap gedoen om boompies vir die begraafplaas te skenk.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

 
Back to top button