Local newsLocal sportStreeknuus

Ringbalspelers van Bronkhorstspruit vir SA-spanne gekies

Die Suid-Afrikaanse Ringbalkampioenskap het van 2 tot 8 Julie by die korfbalklub in Pretoria plaasgevind.

Ringbaspelers van Bronkhorstspruit het van 2 tot 8 Julie aan die Suid-Afrikaanse Ringbalkampioenskap wat by die korfbalklub in Pretoria gehou is, deelgeneem.

Verskeie plaaslike spelers is gekies om in die verskeie SA-spanne te speel.

Jane Visser is vir die o20-span gekies, Sonique van Rooyen vir die o23-span en Ivan van Rooyen vir die o11-span.

Sune Visser is as die kaptein van die SA-uitnodigingspan vir veterane vroue gekies en Sanet Lourens as speler vir dié span.

Ulandie Venter was vir die senior vroue se presidentspan gekies en Driekie van Nieuwenhuizen vir die vroue veterane se presidentspan.

Die o11-span sowel as die o23-span het silwer medaljes behaal. Die veterane vroue het ’n derde plek behaal.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

 
Back to top button