Cullinan se rugbyspanne loop oor Eersterust

Hulle speel op 22 Julie teen TUT.

Cullinan Rugbyklub het op 15 Julie die veld met Eersterust gevee in ’n tuiswedstryd van die Blue Bulls Rugby Union (BBRU) Presidentsliga.

Die eerste span het hul teenstanders met 49-14 geklop. Hulle het van die begin af voluit gespeel en vir Eersterust op hul tone gehou.

Eddie van der Merwe het die eerste punte van die wedstryd aangeteken en Rick Watkins het dié drie verdoel.

Eersterust is ’n strafdoel toegestaan, maar hul losskakel het mis geskop. Die halftydtelling was 28-0 in Cullinan se guns.


Cory van Rooyen druk ’n drie onder die pale.

Eersterust het die tweede helfte oopgemaak. Hulle met ’n verdoelde drie gedruk, maar Cullinan het egter ingeklim en die drieë laat inrol.

Eddie van der Merwe, Rick Watkins, André van der Merwe, Tersius Purvis, Jonny Fourie en Cory van Rooyen was Cullinan se puntemakers.

Rick Watkins en Ulrich Venter (Klein Faf) is as die eerste span se spelers van die wedstryd aangewys. Die publiek se keuse was Jonny Fourie.

Cullinan se tweede span het vir Eersterust met 39-13 verslaan. Steven van Zyl van Cullinan het binne die eerste vier minute van die wedstryd ’n drie gedruk.


ALSO CHECK: Gholfspelers van Standerton maak seker hulle spel verroes nie


Eersterust het wel met ’n strafdoel geslaag. Eersterust se spelers was binne die eerste 20 minute van die wedstryd so moedeloos, dat hulle tussen mekaar begin baklei het. Die rustydtelling was 17-6 in Cullinan guns.

Cullinan het hulle passie gewys in die tweede helfte en het nog drie dieë gedruk. Jeswell Louw het wel ’n drie vir Eersterust gedruk.

Cullinan moes weens ’n besering in die laaste paar minute van die wedstryd ’n man kort speel, nietemin het hulle steeds 39-13 gewen.

Wynand Visser, Andrew Bezuidenhout en Morne van der Westhuizen was Cullinan se puntemakers.

Die manne van die wedstryd wat die afrigters gekies het vir die tweede span is Morné van der Westhuizen en De Wet Vermaak. Die publiek se keuse is Wynand Visser.

Die rugbyspelers van Cullinan het ’n groot wedstryd wat voorlê. Hul volgende wedstryd is teen Tswhane University of Technology op die TUT Stadium op 22 Julie.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version