Local newsLocal sport

Gholfspelers sê mekaar die stryd aan by Standerton Buiteklub

Gert du Preez het op 1 Julie die septer by die maandelikse beker se A-afdeling geswaai en met ’n netto van 69 geëindig.

Vivian Seager het op 5 Julie die nege-putjie-kragmeting by die Standerton Buiteklub met ’n netto van 39 gewen.

Deon Grimsell het 40 aangeteken, terwyl Ben Steyn en Neville Ritchie 41 op die telkaart ingevul het.
Gerrit Nel het met 44 geëindig en Nick Momberg met 47.

Patrizia Lombard was onoorwonne oor 18 putjies met ’n netto van 67, gevolg deur Gerrit Coetzee se 72 en Joré Nortjé se 75.

Sowel Wikus Fourie as Vaatjie van Rensburg het op 76 te staan gekom, gevolg deur Stephen Nortjé met 79.
Attie Mouton het 80 op die telkaart ingevul en Mark Nortjé 85.

Lombard, Stephen Nortjé en Mark Nortjé het ’n spog-twee behaal.

Gert du Preez het op 1 Julie die septer by die maandelikse beker se A-afdeling geswaai en met ’n netto van 69 geëindig.


Jabbies Lotz en Willie Griesel op 8 Julie by die buiteklub.

Altesaam 32 spelers het meegeding. Andries Manka het gevolg met 70, terwyl Jannie Nichols op 71 te staan gekom het.

Coetzee en Andrew Harper het albei 74 op die telkaart ingevul, terwyl Ruan Benteley 75 aangeteken het. Casper Roux het met 77 geëindig, gevolg deur RJ Kinnear se 79.

Ronald Kinnear en Innocent Dhladhla het 81 aangeteken, gevolg deur Van Rensburg se 86 en Joré Nortjé se 87.
Manka, Nichols, Coetzee en Harper het in dié afdeling elk ’n spog-twee behaal.

Xander Roux het in die B-afdeling met ’n netto van 61 geseëvier, gevolg deur Johan Griesel met 67. Grimsell het 68 aangeteken, terwyl Johan Brink, Nico Lombard en Seager elk 76 aangeteken het.

Werner Mouton het met 77 geëindig, gevolg deur Wikus Fourie en Aldo Arnaldi, albei met 82.


ALSO CHECK: Gholfspelers sê mekaar die stryd aan by Standerton Buiteklub


Andrea Hipkin was eerste in die C-afdeling met 36 punte, gevolg deur Nelis Eksteen met 35 en Francois Cronjé en Frikkie Eksteen, albei met 34.

Adri van der Linde en Nel het met 33 geëindig, terwyl Phillip du Preez 32 aangeteken het. Wessel van der Merwe het op 31 te staan gekom, gevolg deur Jabbbies Lotz met 28.

Elra Lotz het met 26 geëindig en Clifford van Vuren met 25.

Patrizia Lombard het die vorige dag se Sundowner gewen met ’n puntetelling van 21, gevolg deur Arnaldi en Nico Lombard wat albei met 19 geëindig het.

Willie Griesel het 17 op die telkaart ingevul, terwyl Van Vuren 17 aangeteken het. Marlize Potgieter, Van Rensburg, Johan Griesel en Jabbies Lotz het elk op 14 te staan gekom.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button