Gholfspelers bly in oefening by Standerton Buiteklub

Wikus Fourie het oor 18 putjies koning gekraai met ’n netto van 70, gevolg deur Attie Mouton met 73.

Donnie Taljaard het die voortou op 7 Junie geneem met ’n netto van 34 oor nege putjies.

Dié wedywering is in medal-formaat by die Standerton Buiteklub beslis.

Deon Grimsell was tweede met ’n netto van 38, terwyl Nick Momberg en Lourie Nel albei 39 aangeteken het.

Freddie Welmans het op 40 te staan gekom en Gerrit Nel op 42.

Wikus Fourie het oor 18 putjies koning gekraai met ’n netto van 70, gevolg deur Attie Mouton met 73.

Ronald Kinnear, Nico Lombard en Henk Botha het elk 74 aangeteken, terwyl Kobie Coetzee 75 op die telkaart ingevul het.

Gert du Preez, Herman Mynhardt en Francois Cronjé het elk met 76 geëindig, gevolg deur Mark Nortjé se 78.

Kinnear, Du Preez, Gerrit Coetzee, Neville Ritchie en Gerhard Brits het elk ’n spog-twee behaal.

Leon Myburg het tydens die Sundowner op 2 Junie oor nege putjies met met ’n netto van 35 geseëvier.

Mark Nortjé en Willem van Wyk het met 38 geëindig, gevolg deur Fourie met 39.

Jaco Kruger het 42 op die telkaart ingevul en Brits 47.


Exit mobile version