Daar is ‘n nuwe oudioloog op Bronkhorstspruit

Die span nooi die gemeenskap na ’n opedag op 6 Junie waar hulle die span kan ontmoet.

Het julle gehoor dat daar ’n nuwe oudioloog in Bronkhorstspruit is?

Spektrum Gehoor het vroeër vanjaar oorgeneem by Carina Avenant nadat sy na Ierland geimmigreer het.

Spektrum Gehoor, voorheen bekend as Yolande van der Westhuizen Oudioloë, is reeds 14 jaar in praktyk en het takke in Centurion, Sandton, Benoni en Bronkhorstspruit.

Hulle kan jou bystaan met enigiets wat gehoorverwant is, soos gehoortoetse, gehoorapparate en gehoorbeskerming.

’n Wye reeks handelsmerke van gehoorapparate kan verskaf, herstel en verstel word.

Volgens die span by Spektrum Gehoor is hulle daarop uit om uitsonderlike diens te lewer aan hulle pasiënte en te verseker dat almal uitstekende oudiologiese sorg kry

“’n Gemaklike en oop verhouding met die oudioloog is krities om suksesvolle uitkomste te verseker, en daarom is dit ’n belangrike bestanddeel van ons resep.

“Ons belofte is om altyd die ekstra myl te loop en ag ons pasiënte as deel van ons familie,” het Yolandé van der Westhuizen, oudioloog, gesê.

Die span nooi die gemeenskap na ’n opedag op 6 Junie waar hulle die span kan ontmoet.

As jy dit misloop, skakel Spektrum Gehoor en reël ’n tyd om jouself te kom voorstel. Soos op hulle webtuiste blyk, het Spektrum Gehoor talle gelukkige kliente.

“Spektrum sien uit daarna om die gemeenskap van Bronkhorstspruit en omliggende gebiede te dien.”

Kontak hulle by 064 895 1565 telefonies of op WhatsApp vir ’n afspraak.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version