Local newsMunicipal

Kragnetwerk op Standerton hink-en-pink voort

Prokureurs het ’n waarskuwing aan Eskom gerig dat sou die krag afgesit word wanneer 55MVA oorskry word, dit minagting van die hof sal behels.

Euforie in die middedorp is van korte duur wanneer die elektristiteitstoevoer kort-kort onderbreek word.

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het die afgelope week ‘n persverklaring uitgereik waarin die raadslid van Wyk 10, Wilma Venter, die BB-substasie se verval beklemtoon het.

Volgens Venter, het ‘n VF Plus afvaardiging met die bestuur van Lekwa Munisipaliteit, wat Morgenzon en Standerton insluit, vergader om oplossings te bespreek vir die krisis rondom kragonderbrekings by die substasie.

“Dié substasie, wat krag voorsien aan Standerton Wyk 10 se infrastruktuur is in ‘n haglike toestand,” het Venter gesê.

Volgens haar het ‘n dringende vergadering met die munisipale bestuurder, Malosi Lamola, gevolg op aanhoudende kragonderbrekings by die substasie.

“Dit het ‘n negatiewe impak op die sentrale sakegebied, nooddienste, skole, die Kieser Reservoir en plaaslike huishoudings.

“ʼn Oorsigbesoek het gewys dat die substasie erg gevandaliseer is tydens ‘n inbraak in Februarie verlede jaar.

“Skade van sowat R1m is aangerig en toerusting, insluitend panele en noodsaaklike batterye, is tydens die inbraak beskadig.”

Dit veroorsaak dat die totale lading van hierdie substasie, veral op koue dae, sy vermoë oorskry.

Brekers word vervolgens oorlaai wat dan die kragonderbrekings veroorsaak.

“Sakeondernemings en inwoners wat hul kragtoevoer van hier af ontvang, gaan reeds gebuk onder die huidige beurtkrag en verdere onbeplande kragonderbrekings het ‘n verwoestende finansiële impak.”


Raadslede Dankus Venter, Wilma Venter en Alberto Franco in die raadsaal.

Hierdie kwessies is tydens die vergadering onder Lamola se aandag gebring. Hy het onderneem om die herstel van hierdie substasie te prioritiseer.

Volgens die VF Plus, sal hulle volgehoue druk toepas om te sorg dat hierdie herstelwerk plaasvind. Die Lekwa Ratepayers Association (LRPA) het op hul Facebook blad kommentaar oor kragonderbrekings gelewer.

Eskom se appèl om die dorp se elektrisiteitstoevoer af te sit wanneer 55MVA oorskry word, het nie in die konstitusionele hof geslaag nie.

Volgens die vereniging, vermy Eskom om die munisipaliteit te antwoord, asook hul versoeke of die huidige situasie te wyte is aan die 55MVA-beperkings van die verlede.

Die enigste beskikbare inligting is dat die kragreus toetse op transformators uitvoer wat tot beperkte opwekkingsvermoë gelei het.


ALSO CHECK: Reverend Mdhluli plans on reaching out to communities in Standerton area


Prokureurs het in die tussentyd ‘n waarskuwing aan Eskom gerig dat sou die krag afgesit word wanneer 55MVA oorskry word, dit minagting van die hof sal behels.

Die lading op Bb-sub het op 26 Mei tot gevolg gehad dat die krag met tussenposes sedert vroegoggend aan en af was.

Lekwa het dit aan die koue weer toegeskryf, met die waarskuwing dat die kragnetwerk ineen kan stort. Sekere gedeeltes van die middedorp is tydelik op C-substasie geplaas na ‘n kabelfout en daarna na Bb-substasie.

Die munisipaliteit versoek inwoners om hul eiendomme se hoofskakelaar af te sit tydens kragonderbrekings.

Pleidooie word ook gelewer om nie-noodsaaklike toerusting af te skakel. Volgens inligting, deel twee brekers die lading by Bb-substasie, waarvan een gevandaliseer is. Die batterye by die substasie is ook gesteel.


Die substasie by die Kieser Reservoir wat elektrisiteit aan die middedorp voorsien.


Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button