Local newsSchoolsStreeknuus

Laerskool Eloff val ’n groot eer te beurt

Met behulp van die finansiële bydrae van iHAN was tablette, vir gebruik in klasse, gedurende die afgevaardigdes se besoek aan die skool oorhandig.

Laerskool Eloff was gedurende Maart by die LDC5-kongres (The Fifth United Nations Conference on the Least Developed Countries) as die eerste skool in Afrika aangewys as dié met ’n program wat daarop ingestel is om leerders met tegnologiese kennis en vaardighede toe te rus.

Afgevaardigdes van iHAN, (International Alliance of Research Universities) doktor Sorosh Roshan, professor Jaco Hoffman en professor Bee Ngwenya van Optentia Research Unit by die Noordwes Universiteit en Amanda Diener vir Laerskool Eloff het op 10 Mei besoek aan die skool gebring.

Met behulp van die finansiële bydrae van iHAN is tablette, vir gebruik in klasse, tydens die besoek oorhandig.

“As maar net ’n klein plaasskooltjie in Afrika, voel Laerskool Eloff geëerd om deel van hierdie wonderlike inisiatief te wees en is ons in die wolke oor die skenking,” het die skoolhoof, Louise van Niekerk gesê.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button