Hoëveld-klub se fotograwe skryf beste foto’s in vir April

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 5 Mei by te woon.

Louis van der Walt was die wenner in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling vir April by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms wat op 14 April plaasgevind het.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Cloudy Sunset Sentinel Peak asook vir sy foto, Yellow Eye, in die tweekleurige foto-afdeling.

Dr Leon Pelser was die beste fotograaf onder die senior fotograwe met sy foto, Reflection in die pikturale afdeling.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ook ontvang asook vir sy foto’s, Ashdam Patterns from Midair in die landskapafdeling en Pofadder in die natuurafdeling.

Edmund Hattingh was die beste fotograaf onder die junior fotograwe en het dié afdeling gewen met sy foto, Blou Sysie.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang, asook vir sy foto, Kremetart onder die Sterre in die natuurafdeling.


Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, On the Merry Go Round, in die skilderagtige afdeling.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is soos volg:
• Anzette Snyders vir haar foto’s, Cross Wind in die natuurvoëlsafdeling, Shed Stories en Janine, beide in die fotojoernalistieke afdeling en Bless the Rains in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• Piet Potgieter vir sy foto’s, Droplets in die natuurafdeling en Lost in die fotojoernalistieke afdeling.

• Hanlie de Beer vir haar foto’s, Stilbaai Rivier in die landskapafdeling en Ek Gaap jy Kyk en Sebra Vulletjie, beide in die natuurafdeling.

• Bhavik Bhaga vir sy foto’s, The Early Bird Catches the Worm in die landskapafdeling, Woof in die skilderagtige afdeling, Believer in die fotojoernalistieke afdeling en Moody Secunda Clouds in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• Huda Adams vir haar foto’s Bridal in die tweekleurige foto-afdeling en Cloudy in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• Peter Winnan vir sy foto’s, Running Cheetah in die tweekleurige foto-afdeling, Leopard on the Move in die natuurafdeling en Kgalagadi Sunset with Rain in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.


ALSO READ: Hoëveld Fotografieklub wys beste fotograwe van 2022 aan


• Danie Smit vir sy foto’s, Serenade in die tweekleurige foto-afdeling, Death Blow en On the Merry Go Round, beide in die pikturale afdeling en Oranjegloed in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• Sussa Pelser vir haar foto’s, Black Mamba Hiding in die natuurafdeling, Jane Smiling in die pikturale afdeling, Super Powers in die fotojoernalistieke afdeling en Just After Sunset in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

•Hanno de Beer vir sy foto’s, Golden Dragon in die natuurafdeling, Preparing for the Jump en In Front at the Colour Run, beide in die fotojoernalistieke afdeling.

• James Harris vir sy foto’s, Model 3 in die skilderagtige afdeling en Rainbow after the Storm in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, en Helene Hattingh vir haar foto, Sunrise Clouds in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydagaand, 5 Mei om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version