Ontvoerde sakekman van Bronkhorstspruit is veilig tuis

Juca Leonardo is met gesin herenig.

Juca Leonardo, die sakeman van Bronkhorstspruit wat in April ontvoer is, is veilig tuis.

 

Konstabel Munyadziwa Ramovha, woordvoerder vir die Bronkhorstspruit polisie, het vandag, 6 Mei, bevestig dat Leonardo met sy gesin herenig is.

 

Ramovha het gesê geen ander inligting is tans beskikbaar nie, maar die ondersoek duur voort om die ontvoerders aan te keer.

 

Leonardo (55) is die eienaar van Pick n Pay op Bronkhorstspruit. Hy was op 13 April voor die winkel ontvoer.

FOLLOW UP Bronkhorstspruit police confirm businessman has been kidnapped

 

 

Exit mobile version