Local newsStreeknuus

Bekende Cullinan-inwoner sterf

Die Bronberger eienaar, Gerhard Kleijn, oorlede.

OP DATUM:  April 28:

Streeknuus het verkeerdelik verslag gedoen oor Gerhard Kleijn se afsterwe.

Volgens sy vrou, Angie Kleijn, is haar man op 14 April oorlede aan natuurlike oorsake en geen nadoodse ondersoek is ingestel nie.

Angie het gesê  sy en Gerhard was mede-eienaars van die Bronberger en dat sy met die tydskrif sal voortgaan.

Streeknuus vra om verskoning vir enige ongerief wat deur die verkeerde inligting veroorsaak is.

Huldeblyke stroom in op Facebook na die afsterwe van Gerhard Kleijn, ’n inwoner van Cullinan. Hy was die eienaar van Die Bronberger.

Kleijn is op 15 April by sy huis oorlede en daar is tans ’n nadoodse ondersoek.

Streeknuus het met Kleijn se ‘buurman’ en Cullinan-kunstenaars, Willie Strauss en Lientjie Wessels, gesels oor wat hulle onthou van Kleijn.

“Gerhard was ’n ware koerantman met ink en woorde in sy are. Hy kon fyn spot. Soms op die omgewing se Facebookblaaie het sy stoutkant uitgekom as hy met mense skoorgesoek het op ’n mooi en slim manier.

“Gerhard en Angie (Kleijn se vrou van 21 jaar) was soos kettie en klip en die twee was ’n paartjie uit die boeke uit. Hulle het mekaar verstaan.

“Ons het mekaar ‘buurman’ genoem omdat ons so naby mekaar gewoon het en ek sal die gereelde geselsies met hom mis,” het Strauss gesê.

“Gerhard was ’n legende in die wêreld van joernalistiek. Hy was een van daai ou-skool koerantmense met ’n groot liefde vir Afrikaans en die geskrewe woord.

“As ’n vriend was hy altyd ondersteunend met ’n vlymskerp sin vir humor en fyn waarnemingsvermoë. Hy was altyd daar vir sy naastes.

“Een van die mooiste dinge van hom was sy liefde vir sy vrou Angie. Hul 21ste huweliksherdenking was ook sy laaste pos op Facebook.

“Rus in vrede liewe Gerhard en dankie vir al die lekker kuiers wat ons saam gehad het,” het Wessels gesê.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button