Delmas se Phoenix Rugbyklub skop die ligaseisoen af

Die span het op 25 Maart teen die span van Thembisa op Springs uitgedraf en met ’n eindtelling van 43-5 gewen.

Die Phoenix rugbyspan op Delmas het hul eerste Valke ligawedstryd op ’n positiewe noot afgeskop en met ’n oortuigende wen uit die stryd getree.

Die span het op 25 Maart teen die span van Thembisa op Springs uitgedraf en met ’n eindtelling van 43-5 gewen. Volgens Phoenix se afrigter, Jandré Senekal, was dit ’n harde wedstryd.

“Ons het ’n paar goeie drieë gedruk en die span het goed in ’n eenheid gespeel. Ons is ook dankbaar vir die paar vriendskaplike wedstryde wat ons vooraf kon speel ter voorbereiding vir die liga.”


LEES OOK: Cullinan se eerste boekfees is die naweek hier


Die wedstryd van 1 April was gekanselleer en die rugbymanne het ook ’n ruskans tydens die Paasnaweek geneem.

Volgens Senekal sal die volgende wedstryd op 21 April teen Katlehong plaasvind. Teen druktyd kon die tyd en plek egter nog nie bevestig word nie.

Phoenix se bestuur, afrigter en spelers het hul dank uitgespreek teenoor Patrick Gossa van die Gossa Foundation vir die nuwe uitrustings wat hulle met trots tydens hul eerste ligawedstryd kon dra.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version