CrimeLocal newsStreeknuus

Klippe op N12 laat talle motoriste gestrand en beroof

Twee onbekende mans, waarvan een gewapen was, het hom beveel om sy motor oop te sluit en sy twee selfone te oorhandig.

Nie net het Delmas verlede week onder oproerige betogers deurgeloop nie, maar kriminele het die kans gebruik om klippe op die N12-hoofweg se ryvlak te pak en motoriste van hul besittings te beroof.

Gedurende die aand van 30 Maart was daar glo sowat sewe verskillende motors tot stilstand gedwing nadat hulle skade opgetel het.

In een so ’n voorval het ’n 40-jarige man gevoel hoe sy voertuig ’n klip in die pad tref. Volgens hom het hy byna beheer oor sy voertuig verloor en het hy sy motor tot stilstand gebring.

Die man het probeer om met sy selfoon hulp te ontbied toe daar skielik iemand aan sy motor se venster klop.

Twee onbekende mans, waarvan een gewapen was, het hom beveel om sy motor oop te sluit en sy twee selfone te oorhandig.



Die rowers het verder beveel om uit sy voertuig te klim en hom die veld ingeneem.

Hy was glo aangerand en terwyl die eerste twee rowers hom beveel het om sy selfoon ’oop te sluit’ het twee ander sy skootrekenaar en ander persoonlike items uit die voertuig verwyder het.

Hierna was die man glo na sy motor teruggeneem en beveel om die voertuig se hoof- en noodligte aan te skakel.

Die verdagtes het hierna die donkerte in verdwyn. Nadat die slagoffer ’n wyle in sy voertuig bly sit het, het hy later uitgeklim en na Witbank geryloop.

Volgens Jaco Daubert van Titen Sekuriteit was hy na ’n ‘ongelukstoneel’ op die N12-hoofweg digby die R42 Bronkhorstspruit/Delmas-afrit ontbied.

Daar aangekom het hy ’n Mercedes Benz gevind wat gerol het. Die bestuurder van die voertuig het ook laat blyk dat hy ’n klip op die oppervlak getref het, beheer oor sy voertuig verloor en dit toe gerol het.


LEES OOK: Bronkhorstspruit businessman is missing


Daar was gedurende die spesifieke nag verskeie gevalle waar motors oor groot klippe in die pad gery het wat hulle genoodsaak het om te stop. Baie van die motoriste was ook deur die gewapende mans van hul besittings beroof.

Volgens Daubert is hy bewus van ongeveer sewe soortgelyke gevalle wat gedurende daardie nag plaas gevind het.

Daubert beveel motoriste aan om, indien moontlik, nie te stop indien hulle ’n voorwerp in die pad raak ry nie.

“Ry sover as wat dit enigsins moontlik is en ontbied onmiddellik hulp. Verskaf ook jou ligging. Die rowers sal na alle waarskynlikheid nie agterna kom nie.

“Hulle skuil op ’n spesifieke plek langs die pad en voer hulle bedrywighede daar uit, ry dus aan en kry hulp.”



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button