Local newsStreeknuus

Delmas Herleef is steeds op dreef

Die groep vrywilligers se ywer om die dorp ’n beter plek te maak, leef steeds voort.

Delmas Herleef, ’n groep vrywilligers vanuit die Victor Khanye-gemeenskap, se ywer om die dorp ’n beter plek te maak, leef steeds voort.

Vergaderings word voortdurend gehou en beplanning gedoen. Dié groep het weer vroegoggend op 18 Maart by die sokkerveld byeengekom.

Toegerus met swart sakke, handskoene en hul splinternuwe ‘gereedskap’ waarmee rommel nou makliker opgetel kan word, het die vroue die sokkerveld in ’n japtrap skoongemaak.


Doret Maritz van Delmas Herleef op haar pos in Sarel Cilliersstraat.

Daarna het hulle na die sypaadjie in Sarel Cilliersstraat verskuif waar asblikke leeggemaak en rommel opgetel is.
Terselfdertyd het die mans sommige van die slaggate by die ingang na Dunbarstraat herstel.

Die sokkerveld bly ’n groot kopseer vir die inwoners van Delmas, want ná elke wedstryd wat daar gespeel word en ten spyte van asblikke wat op die terrein aangebring is, word papiere en drankbottels langs die sokkerveld gestrooi.

Selfdoen en ’n beter en skoner Delmas bly die leuse van Delmas Herlewers en daarom voel hulle dat hul sal bly doen wat hulle doen.


Madel Fourie dra haar deel by tot die opknapping van Delmas.

Die groep het Jan van der Laan van Van der Laan Versekeringsmakelaars op Delmas bedank vir die borgskap van spesiale gereedskap om rommel mee op te tel.

Perfect Water het water verskaf en Smart Corner Café het vir die koeldrank-lafenis gesorg.

Lesers wat belangstel om deel van die Delmas Herleef groep te word en sodoende by te dra tot die herlewing van Delmas, kan dokter Martin van Rensburg by 083 633 7335 kontak.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button