Local newsStreeknuus

Annemi le Roux is reg vir die pad danksy lesse op Cullinan

Cullinan inwoner maak gebruik van gratis leerlingslisensie lesse en slaag.

Annemi le Roux van Cullinan het op 9 Maart die toets vir haar leerlingslisensie by Rayton se lisensiekantore geskryf en met vlieënde vaandels geslaag.

Sy is een van die mense wat gebaat het by die raadslid van Wyk 100 in Tswhane, Johannes Bekker, se gemeenskapprojek om gratis lisensielesse aan die inwoners van sy wyk te bied.

Streeknuus het voorheen berig dat Bekker jaarliks met sy verjaardag ’n week lank iets aan die gemeenskap teruggee.


LEES OOK: Alleged bogus attorney must appear in the dock in Bethal


Le Roux het van die gratis lisensielesse op Wyk 100 se Telegram-groep gehoor en die kans aangegryp omdat sy nie ’n vorige keer geslaag het nie.

Tersia Bekker van Limpopo het die les, wat sowat twee ure geduur het, aangebied.

“Ek was so opgewonde toe geslaag het. Ek het dit byna nie geglo nie. Ek sien nou al vir jare uit om te kan bestuur, en nou kan ek,” het Le Roux gespog.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button