Local newsLocal sport

Jong tennisspelers ding mee op Secunda

Afrigter Annamarie Meyer reël toernooi.

SECUNDA – CJ Meyer is die wenner van die o10-Hoëveld Tennistoernooi se A-afdeling wat op 5 Maart by die Sasol Ontspanningsklub plaasgevind het.

Jean Ellis het tweede geëindig onder die seuns en Joshua Ellis derde.

Liané Steyn was die bester speler onder die dogters in die A-afdeling terwyl Olivia Adendorff tweede geëindig het en Ilne Pretorius derde.

In die B-afdeling was Wren Kleinsmidt die seunsspeler wat stof in die ander seuns se oë geskop het terwyl Hendrico Maritz tweede geëindig het en Rossouw Grobler derde.

Amahle Mathibela was die beste onder die dogters in die B-afdeling terwyl Omolemo Kgemgwe tweede geëindig het en Emke Moolman derde.


LEES OOK: Delmas en Oosterland ding mee in PUK 16-kragmeting




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button