Local newsLocal sport

Edelvalkers van Standerton hou die gewere geolie

Laurenza Visagie het die voortou in die vroue-afdeling geneem met 210.03, gevolg deur Lues met 190.06 en Ellis met 190.05.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereninging het op 11 Maart ’n takskietkompetisie by die Evert Genis-skietbaan aangebied.

Dit is opgevolg met ’n presidentskiet op 18 Maart waarvan die uitslae so gou moontlik gepubliseer sal word.

Tydens die eerste wedywering het Drian Podges by die springbok-vlaktetabel met 260.05 geëindig, gevolg deur Neil Gräbe met 260.05 en Petrus Botha ook met 260.05

Carla Lues het die vroue-afdeling in dié tabel met 250.03 gewen, terwyl Helen Ellis tweede was met 240.04 en Daleen Podges derde met 190.02.

Xander Bailey was onoorwonne in die juniorafdeling met 250.04, gevolg deur Jaco Booysen (jnr.) met 190.00.


LEES OOK: Skokgolwe op Standerton na dood van De la Rey Tonkin


Stoffel Bester het by die sebra-bosveldtabel die eerste plek behaal met 270.08, gevolg deur Jako Steenkamp met 270.07 en Jaco Booysen (snr.) met 270.03.

Laurenza Visagie het die voortou in die vroue-afdeling geneem met 210.03, gevolg deur Lues met 190.06 en Ellis met 190.05.

Xander het ook in die juniorafdeling met 260.06 geseëvier met 260.06, gevolg deur Jaco Booysen (jnr.) met 210.05.

Podges was by handwapen-jag eerste met 300.06, gevolg deur Steenkamp met 190.00 en Jaco Booysen (snr.) met 140.00

Jaco Booysen (snr.) het op 28 te staan gekom by die groot kaliber-buffeltabel, terwyl Steenkamp tweede was met 26 en Johan Geldenhuys derde met 24.


LEES OOK: Vaalrivier-tak op uitstappie na Standerton se buurdorp




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button