Local newsLocal sportStreeknuus

Delmas en Oosterland ding mee in PUK 16-kragmeting

Delmas se eerste rugbyspan klop Oosterland met 43–10.

Hoërskool Delmas en Hoërskool Oosterland van Secunda het mekaar die stryd aangesê in ’n tuiswedstryd op die sportvelde van Dellies as deel van die PUK 16-reeks.

Die wedstryde wat hokkie, netbal, en sowel as skaak ingesluit het, het op 10 Maart plaasgevind.

Netbaluitslae:
-14A: Delmas 16, Oosterland 3.
-14B: Delmas 15, Oosterland 0.
-15A: Delmas 24, Oosterland 6.
-15B: Delmas 22, Oosterland 1.
-16A: Delmas 13, Oosterland 12.
-16B Delmas 10, Oosterland 16.

Die tweedespan van Delmas het Oosterland met 17–3 geklop. Delmas eerstespan het met 22–20 gewen. Ook in die hokkiewedstryde het al Delmas se spanne vir Oosterland geklop.

-14A: Delmas 6, Oosterland 0.
-15A: Delmas 5, Oosterland 1.
-16A: Delmas 1, Oosterland 0.

Die eerstespan het Oosterland met 3–0 geklop.

Die rugby uitslae is:

Dellies se o14A-span het 17–0 gewen. Die o15A-span het 12–10 verloor. Die o16 A-spanne was gelykop met 17 punte elk. Delmas se tweedes het met 28–12 teen Oosterland verloor.

Delmas se eerstespan het egter vir opwinding gesorg toe hulle voor ’n vol pawiljoen met Oosterland afgereken het. Die puntestand was 43–10 in Delmas se guns.

Oosterland se skaakspan het die oorhand gekry en met 12.5 punte teenoor die 7.5 van Delmas gewen.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button