Ons Winkel op Secunda soek jou ou items

Ondersteun goeie doel en skenk jou ou items.

Helpende Hand se liefdadigheidswinkel, Ons Winkel, se bestuur het die gemeenskap genooi om enige oortollige goed wat rondstaan aan hulle te skenk.

Die winste van Ons Winkel word aangewend om volhoubare verandering in die gemeenskap te bewerkstellig.

Die eienaar, Alta Bezuidenhout, het mense wat emmigreer en nie weet waarheen om te gaan met hul oortollige items genooi om haar te nader.

“Jou tweedehandse items skep weer hoop vir ander,” het Melissa Nel, Solidariteit Helpende Hand se assistant streeksorganiseerder vir Mpumalanga en KwaZulu-Natal Noord, gesê.


LEES OOK: Witties vaar goed by distrikbyeenkoms


Die wins van Ons Winkel word aangewend om projekte in die gemeenskap van stapel te stuur wat die gemeenskap ophef en bevorder.

“Ons Winkel skep ook werksgeleenthede en dra by tot studiefondse wat studente help om te kan studeer.

“Jou item is nie net ’n item nie, dit is ’n toekoms,” het Nel gesê.

Besoek Ons Winkel op Secunda by 4 Jan Smutsstraat of skakel Bezuidenhout by 082 826 5228.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version