Ander tamaai groente ook by Goliat van Gat Pampoenkompetitisie

Kleinseun met 'n reuse komkommer wen prys.

Daar was nie net pampoene by die jaar se Goliat van Gat Pampoenkompetisie nie. Reuben de Beer (5) van Meyerton het ‘n komkommer van 2kg opgelewer.

Volgens Reuben se oupa, Barend Coetzer, word komkommers aan die begin van die seisoen, so mid-November, geplant en smaak heerlik en is lekkerder as gewone komkommers.

Dié spesifieke komkommersaad is deur ’n vriend vanaf Spanje afgebring en hulle het die kans gevat en dit geplant.

Anders as komkommers, groei hulle ook meer ‘snaakse’ groentes soos kalbas en lang murg, wat hulle belowe het om volgende jaar na die fees te bring.

Nou hoekom dié tipe van kompetisie? “Want,“ sê trotse Oupa Coetzer, dit is lekker om ons kleinseun vroeg te leer groente te plant en hoe om na dit om te sien.”


LEES OOK: 64 hengelaars vang 708 vis by Grootdraaidam buite Standerton

LEES OOK:53 participants at Standerton River Park celebrate parkrun’s birthday 




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version