Local newsLocal sportStreeknuus

Bronkies Rugbyklub speel hul eerste wedstryde

Bronkhorstspruit speel op 18 Maart teen Cullinan op Cullinan en op 25 Maart speel hulle in 'n tuiswedstryd teen Delmas.

Bronkies Rugbyklub het hul eerste vriendskaplike tuiswedstryd van die jaar op 4 Maart teen die Noordelikes gespeel.

Die Noordelikes het met 19-17 met die louere weggestap en die Pote Fourie-wisseltrofee terug verower.

Hoewel Bronkies die grootste gedeelte van die tweede helfte gebiedsvoordeel geniet het, wou die telbord nie saamspeel nie.

“Baie dankie aan NDR (Noordelikes) vir ’n skoon wedstryd waar rugby op en van die veld geseëvier het,” het Daan Coetzee, voorsitter van Bronkies Rugbyklub, gesê.

Bronkies se rugbyoefening vind Dinsdae en Donderdae plaas. Belangstellendes kan vir Daan Coetzee op 060 996 2199 kontak.

Bronkhorstpruit speel die naweek weg teen Cullinan en speel op 25 Maart in ‘n tuiswedstryd teen Delmas.



LEES OOK: Klipharde rugby en netbal by Laerskool Delmas gespeel

LEES OOK: Dean ‘MacGyver’ Greyling sluit aan by Cullinan Rugbyklub

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button