Local newsLocal sport

64 hengelaars vang 708 vis by Grootdraaidam buite Standerton

Die vis van die dag het aan die swaarste geelvis gegaan.

Tydens Meyerville Hengelklub se naweekkompetisie het 64 hengelaars, waarvan 15 besoekers, 708 vis by Grootdraaidam vasgekap.

Die totale gewig was 421.530kg. Die vis van die dag het aan die swaarste geelvis gegaan.

Danie Human het eerste in die meestersafdeling geëindig met 33 vis van 16.080kg, gevolg deur Dougie Douglas met 18 vis van 18.440kg en Peet Erasmus met 19 vis van 12.920kg.

Douglas het die vis van die dag ingeweeg.


LEES OOK: Fanie is now a qualified level one greenkeeper


Richard Hills was onoorwonne in die seniorafdeling met 62 vis van 43.060kg, gevolg deur Danny Bosman met 48 vis van 19.600kg en Peter Munro met 32 vis van 32.940kg.

Quintin Draper en Riaan Pieterse het die vis van die dag aan wal gebring.

Ilene Schonken het die vroue-afdeling gewen met 21 vis van 14,700kg, terwyl Letitia van der Merwe tweede was met 18 vis van 8.500kg en Louisa Nel derde met 14 vis van 5.860g.


LEES OOK: Wie gaan weer koning kraai by die Goliat van Gat Pampoenfees?


Schonken het die vis van die dag inkatrol.

Ruan van Zyl was eerste in die juniorafdeling met 45 vis van 17.860kg, gevolg deur George Tereblanch met 13 vis van 5.720kg en Sihan Fourie met sewe vis van 3.260kg.

Sihan het die vis van die dag gevang. Sion Nel het die penkopafdeling gewen met nege vis van 4.100kg, gevolg deur Elisna Rabie met sewe vis van 3.500kg en Liandrie Fourie met vyf vis van 3.180kg.

Liandrie het die vis van die dag vasgekap.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

 
Back to top button