Local news

AfriForum en Lekwa beveilig substasies

Lang gras en bosse is ’n brandgevaar en ook ’n veiligheidsrisiko vir die persone wat die substasie in stand moet hou.

AfriForum se Standerton-tak en Lekwa Munisipaliteit het op 23 Februarie ’n substasie skoongemaak.

Volgens hul persverklaring van 24 Februarie is die gras by die hoofsubstasie in Mopanieweg gesny.

Dié burgerregte organisaie het aangedui dat die munisipaliteit na hule uitgereik het om te help om die gras en bosse, wat wild gegroei het, by die substasie te sny.

Lang gras en bosse is ’n brandgevaar en ook ’n veiligheidsrisiko vir die persone wat die substasie in stand moet hou.


AfriForum en Lekwa Munisipaliteit aan die werk by die substasie.

Volgens AfriForum, het die munisipaliteit seker gemaak dat daar nie lewendige elektrisiteit by die substasie was nie ten tye van die skoonmaakaksie en dat geen persoon in gevaar sou wees indien die krag sou aankom nie.

Dit het tydens beurtkrag plaasgevind en geen verdere ongerief vir die inwoners van Standerton veroorsaak nie.

“Ons is dankbaar dat die munisipaliteit na ons uitgereik het,” het Leon Enslin, takvoorsitter, gesê.

“Dit skep ’n geleentheid om ons infrastruktuur beter te beveilig sodat personeel veiliger daar kan werk.”


ALSO READ: WATCH: Nehawu demands court officials in Evander to join the strike


AfriForum en Lekwa Munisipaliteit aan die werk by die substasie.


Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button