Witties vaar goed by distrikbyeenkoms

Agt laerskool atlete dring deur na Gauteng toe.

Laerskool Witpoort atlete het sterk vertoon tydens die distrikatletiekbyeenkoms wat op 17 Februarie op Bronkhorstspruit plaasgevind het.

Dié atlete het altesaam vier eerste plekke, sewe tweede plekke, sewe derde plekke en 12 vierde plekke behaal wat beteken dat hulle onder die beste vier atlete uit 30 van die 38 items geëindig het.

Die atlete wat deurgedring het om op 10 en 11 Maart na Gauteng te gaan, is Cian Botha (80m en 100m), Evaleigh du Bruyn (150m), Lana Grobler (verspring), Pedri Meyer (gewigstoot), Marla van Rhyn (gewigstoot en diskus), Jeanette Buloze (gewigstoot), Luka Munnik (spiesgooi) en Elani Roets (spiesgooi).



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version