Local news

Hoëveld fotograwe skryf beste fotos in

Belangstellendes is welkomk om volgende byeenkoms by te woon.

Doktor Leon Pelser se foto, Robacco Recycling, was die beste in die voorgeskrewe onderwerp afdeling by die Hoëveld Fotografieklub-byeenkoms van 3 Februarie op Secunda.

Pelser het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Karen le Roux was die beoordelaar vir die aand en die voorgeskrewe onderwerp vir Februarie was Januworry Verderworry – Platsak (Flat Broke).

Peter Winnan was die beste fotograaf onder die senior fotograwe en het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Brothers Drinking, ontvang terwyl Louis van der Walt, die beste fotograaf onder die junior fotograwe, ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Garden Castle River Eye ontvang het.

Winnan het ook sertifikate van meriete vir sy fotos, Dulstroom Platteland Panarama in die landskapafdeling, Cats Playing in die monochroomafdeling en One Wet Lion Cub in die natuurafdeling ontvang.

Van der Walt het ook sertifikate van meriete vir sy fotos, Eye of the Villain in die natuurvoëlsafdeling en Eagle – Big Sneeze in die monochroomafdeling gekry.

Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het ,is:
• Hanno de Beer vir sy fotos The Webmaster in die natuurafdeling en Running from the Wall, Upside Down Surfer en M99 Flying Pointbreak, in die fotojoernalistiekafdeling.

• Johan Viljoen vir My Seeds in die natuurafdeling en Block the Try in die portretafdeling.

• Edmund Hattingh vir Buffalo en Storming Elephant in die natuurafdeling.

• Danie Smit vir Marathon Warrior in die monochroomafdeling.

• Sussa Pelser vir No Easy Life Mono in die monochroomafdeling.

• James Harris vir Flower Mantis in die natuurafdeling.

• Piet Potgieter vir In Thought in die portretafdeling.

• Hanlie de Beer vir The Money Tree Nothing Left in die portretafdeling.

• Yolande Pietersen vir Januworry in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 3 Maart om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button