Local newsLocal sport

Lanie Nel van Standerton Rolbalklub seëvier in rolbalkompetisie

Nel sal ook vanaf 6 tot 10 Maart as lid van Mpumalanga A-span in Port Natal (Durban) wedywer.

Lanie Nel van Standerton Rolbalklub en sy spanmaat Louise Pretorius het die gemengde pare-kompetisie van Mpumalanga-wes die naweek van 28 Januarie beklink.

Die top agt in Mpumalanga gaan op 11 Februarie in die Laeveld meeding.

Wenners sal kwalifiseer om aan die gemengde pare Suid-Afrikaanse Interdistrikte-kompetisie later vanjaar deel te neem.

Nel woon op Secunda maar speel vir Standerton.

Hy sal ook vanaf 6 tot 10 Maart as lid van Mpumalanga se A-span in Port Natal (Durban) wedywer.

Altesaam twee spanne van vier elk sal deelneem.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button